Anna Gertruida Catharina Landman
100 Jaar oud

Boodskap namens die kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders
Willem Adolf Landman: oudste seun

Anna Gertruida Catharina Landman (Gebore Delport).
Geboortedatum: 6 Oktober 1904.
Grootgeword: Pienaarsrivier omgewing waar haar pa met beeste geboer het. Was so 'n vinnige atleet dat sy die bynaam 'Dassie' verwerf het.
Getroud: 22 Februarie 1921, Pretoria.
Kinders: Vyf nog lewende kinders (3 lidmate van die AGS en 2 van die N.G. Kerk). Veertien kleinkinders en 15 agter-kleinkinders en een agter-agter-kleinkind.
Sondagskool: Stigster van die Olifantsfontein Sondagskool, wat bygewoon is deur kinders van verskillende kerkgenootskappe.
Kerk: Die Volle Evangelie Gemeente Olifantsfontein ontstaan in haar voorhuis. Na die afsterwe van Pastoor Robbertze gaan al die lede oor na die AGS. Sy was vir 70 jaar 'n ywerige ondersteuner van 3 gemeentes.
Gemeenskap: Het onbaatsugtige diens gelewer as kleremaakster, sieke-versorger en leke-evangeliebedienaar.
Ouer: Het saam met haar eggenoot opvoedingswerk gedoen wat berus het op gesonde verstand en betekenisvolle ervaring, wat duidelik ondersteun is deur Bybelse figure. Dit is ook haar lewensfilosofie. Enkele voorbeelde:

  • JOSEF

    Familiebande is waardevolle aangeleenthede wat in stand gehou en vertroetel moet word.

  • JESUS

    Menswaardigheid moet altyd raakgesien en beskerm word.

  • DORKAS

    Harde werk lei daartoe dat 'n mens sout van die aarde word en 'n skynende lig.

  • MARIA MAGDALENA

    Om kalm te bly in 'n krisis is om leierseienskappe te laat ontluik.

  • ABRAHAM

    Vertoner van meslike geloof in die wil van God.

  • DANIËL

    Die wyse voorbidder wat in die openbaar getuienis van sy gelowigheid gelewer het.

  • DAWID

    Die krygsman, getroue vriend en ideale koning wat homself nie te hoog geag het om sondebelydenis te doen nie.

  • PAULUS

    Die mees invloedryke meslike stem in die geskiedenis van die kerk

Om Sondag vir Sondag steeds 'n getroue hoeddraende Godvresende kerkganger te wees is 'n dankbare voorreg.

'n Geseënde verjaarsdag en nuwe lewensjaar word haar toegewens.

Na volgende gelukwense