Gelukwense aan
Annie Landman



'n Gedig vir Groot Ouma
van Ellenor
(namens die Agter Kleinkinders)

Die Here het Ouma lank gespaar
Met Hom aan haar sy was sy nooit in gevaar
Die Here het haar lewe vooruit beplan
Hy het geweet Ouma sal sonder moeite kan.

Haar lewe was maar somtyds swaar
Tog het die Here haar altyd bewaar.
Van 'n Dorkas Suster tot kinders grootmaak
Ouma het nooit kwaad geraak

Haar lewe was soos 'n storieboek
Sy het die goeie in elke situasie gesoek.
Sy het deur haar lewe hard gewerk
En was elke Sondag in die Kerk.

Dis nie elke dag dat iemand 100 word.
Maar die seëninge van die Heer word op haar uitgestort.

Ons is so dankbaar die Here het vir Ouma gespaar
Want almal weet, Ouma is vir Hom dierbaar.

Na volgende gelukwense