Bedankings namens
Annie Landman

Terug na "Viering Deel 1"

Terug na Voorblad

Dit is 'n eer vir my vandag om by te dra tot die geselligheid deur die bedankings te doen.

Eerstens wil ek ouma se kinders bedank dat ons almal saam hier is vandag. Moek, dankie dat jy so baie van die reëlings getref het. Oom Wille en Tant Rachie, baie dankie vir die groot bydrae wat julle gelewer het.

Ons moet ook vandag aan Charl en Rob dankie sê, vir die getroue manier waarop hulle elke Sondag vir ouma in die kerk in help.

Gerda, aan jou wil ons dankbaarheid uitspreek vir die getroue manier waarop jy elke Vrydag vir ouma uit die Bybel uit lees.

Vandag is ook 'n dag om 'n baie groot, en baie sterk dankie aan Tant Sara uit te reik, vir die getroue en uitstekende manier waarop sy na ouma kyk. Haar deur is altyd oop vir enigeen wat wil besoek. Baie danke Tant Sara.

Ons moet ook vir Darryl Purnell bedank vir al die laaste-minute se rondry en finalisering vanoggend. Sonder jou sou ons dalk heelwat later begin het.

Laastens moet ons almal saam Die Here dank dat hy vir ouma so lank gespaar het vir almal wat haar liefhet.

Kobus Jones
Oudste Kleinkind

Na Sarie Beetge se bedanking